Miljoen Stemme Vir Steve

MSVS

 

Steve Hofmeyr se Geloftedag toespraak by die Boere en Bikers Geloftefees op Voorbegin Lodge en Wildsboerdery te Bothaville: 16 Desember 2015


 

Geloftefeestoespraak 2015:

Gasheer en gasvrou op Voorbegin, MSVS, motorfiets entoesiaste en natuurlik elkeen wat moeite gemaak het om hier te wees.

Vandag is die viering van dit wat nie van jou vervreem kan word nie. Die kultuurgoed wat nie van jou weggeneem kan word nie. Nie deur wetgewing nie, nie deur regerings nie, nie deur boelies nie en nie deur meerderhede nie, nie deur kommuniste nie en nie deur mymerende presidente nie.

Desember 1838 op die Klein-Tugelaoewer, oorwin 470 Voortrekkers 10 000 Impies waarvan so 3000 sneuwel. Later sou een Boer aan sy wonde beswyk. Sowaar dis moeilik om dit nie as wonderwerk te aanskou nie. Dit sou nie die 1e of laaste keer wees dat enorme oormagte kom oorlog soek by hierdie klein volkie, en dit dan kry nie. Dit sou nie die 1e of laaste keer wees dat enorme oormagte kom bloed soek by hierdie klein volkie, en dit dan in gallonne kry nie.

Ook vandag: Inwyding van Voortrekkermonument 1948 & Vrouemonument 1913. Andries Potgieter sterf 1852 (3 dae voor sy verjaarsdag oor 3 dae) Begrafnis van Paul Kruger 1904. Veggeneraal Manie Maritz sterf 1940 in motorongeluk ook 3 dae na Gelofte Dag
Tot 1952 was Geloftedag bekend as Dingaansdag. My ouers noem dit nog so.

Ek is soos jy. Ek is nie ʼn teoloog nie. Ek staan verstom vir twee dekades in wat voel soos God se volslae afwesigheid. Alles tuimel in mekaar. Ek bid. My wêreld  kantel, my finansies faal, my kultuur is weg gesaboteer, my kerk skeur, my laaste Afrikaanse universiteit brand. Ek bid. Die telefoon lui. Ek antwoord om te hoor dat my kollega, twee plase links, wreed vermoor is. Ek bid weer. Ek vra God vir troos. 'n Bietjie verligting. Wat stuur Hy? 'n Droogte. Nie enige ou droogte nie. Die droogste droogte in 50 jaar.

Ek weet eintlik steeds nie wat om van 'n Almagtige te verwag op so 'n dag nie. Ek val op my knieë in hierdie tyd van nood. Ek glo u doen ook.  Ek vertrou dat God goed is en in Sy eie tyd sal omsien op Sy eie manier. Ek het nie verwagtinge teen Sy wil in nie, en selfs al sou die Almagtige teen my kies vandag, kies ek Hom. Maar ek sê jou wat. Ek weet iets. Ek weet wat om van myself te verwag. Ek weet wat om van my mense te verwag. As man van my woord, uit 'n kultuur met beginsels en ʼn volk van aanbors. Daar, by hulle, lê my verwagtinge. Ek gee nie op op my God nie, omdat dit lyk of Bloedrivier se oorwinnings ons die afgelope 115 jaar nooit weer beskore was nie. Ons vergeet dat daar hoogsmoontlik nie ʼn enkele oorlog en enkele nood was waar ons voor die aanvang nie gebid het vir 'n goeie uitkomste nie. Ons het tog baie van daardie ook verloor. Hieroor het ek nie vreemde verwagtinge van my God nie en sal my skaar by Sy tyd en Sy wil, en sy uitkomste in hierdie uitmergelende tye waar dit voel of die wêreld weer draai teen hierdie klein dinamiese volkie.

Die EFF maak nie onversoenende geluide om die Afrikaner te antagoniseer nie. Ons is polities onbenullig. Hulle weet dit. Hulle doen dit om swart stemme by die ANC af te rokkel. Malema stel Zuma voor die ultimatum om byvoorbeeld Die Stem te verwyder uit die nasionale volkslied of Afrikaans te verwyder uit universiteite, of Paul Kruger by Kerkplein. Is dit wat hy wil hê? Nie rerig nie. Ons weet eintlik nie wat de hel ons president wil hê nie. Maar Malema wil hê die ANC moet huiwer of nee sê. Dit sal die ANC laat lyk of hul wittes en Afrikaners goedgesind is, en dit is presies waar die EFF die ANC wil posisioneer. Dis ʼn taktiese speletjie. Ek is jammer om te sê dat ons reaksie vir die swartes daar buite ʼn kantlynsaak is. Indien nie 'n grap nie. Want hulle ken ons. In ons christelike goedhartigheid het ons ons al van te vore ontferm oor ander volke en ‘n volbloed alleenheerskappy vir hulle prysgegee. Sommer gratis. As Kersvader nie so bietjie overdressed was nie, sou ek kon sweer hy is ‘n Boere-Afrikaner. Want ons deel goeters uit. Nie enige goeters nie. Soewereiniteite, geslaagde infrastruktuur, opvoeding en dienste, vooruitstrewende ekonomieë; en ons gee ons erfenis op ʼn fraai skinkbord weg. Pasella. Hulle ken ons man. Op ʼn klein koppie in Orania staan daar tiental standbeelde wat hulle verwyder het sonder 'n piep uit hierdie liefdevolle, verdraagsame Boervolk.

 
Ons ry dan deur die strate van Tswane, in Januarie Masalela af tot in Solomon Mahlangu. Die hemel hoor my, nie eers die swartes weet wie dié twee here was nie. Ons dink nie twee keer daaraan dat ons borge is van die NDR elke keer as ons ons GPS update na die nuwe dorp, straat en stadsname nie. Ek stop by die verkeersligte daar en vra die swart straathoeksmouse wie Solomon Mahlangu was. Wat antwoord hulle. "No....Please" (dan hou hulle ‘n leë handjie uit)

Ek sien Totius is ook nou verhuis as ʼn versoeningsgebaar. ONRUSBEHEER. Dit is wat versoening is. Onrusbeheer. Wat anders is TRANSFORMASIE? Onrusbeheer. Wat anders is EQUALITY en REPRESENTIVITY. Dis onrusbeheer. Wat is RA, SEB en ander rassistiese voorkeurbehandeling? Dis onrusbeheer. Jy doen onrusbeheer as jy werk met die onredelike verwagtinge van beskawinglose, bloeddorstige kulture. Ons is die  Vaderkersfees van Onrusbeheer.

Ons is dieselfde goeie, onbaatsugtige christenkinders wat ons was toe ons hierdie land op ʼn skinkbord, met ʼn duifpatroontjie om, oorhandig het aan kommuniste, marxiste, sosialiste en terroriste. Ons Nuwe Testamentiese verdraagsaamheid maak ons samesweerders van die moordenaars en verkragters van ons ouers, ons kinders en ons eggenote; van ons taal, ons kultuur en ons Gelofte. Ons het ons Gelofte verkrag. Want ons is sulke goeie mensies. So het ons onsself afgevee van die tafel af. Ons is gesink deur ons eie goedbedoelde verdraagsaamheid en verlamming.

Ek is nie meer seker dat ons verdien dat God ons hoor nie.
Onrusbeheer. Dit was hoekom ‘n paranoïese wêreld hierdie oorgawe-verdraagsaamheid begin preek het. Dit was ‘n teenvoeter vir wêreldoorloë en konflik. Nie lank nie of die Oostenrykse filosoof, Karl Popper, sien die eerste slang in die gras. Hy noem sy teorie die verdraagsaamheidsparadoks, wat so verwoord kan word: hoe verdraagsaam moet verdraagsames wees teenoor onverdraagsames wat verdraagsames wil uitwis? Of eenvoudiger: moet verdraagsames dan die einde van verdraagsaamheid verdra.
Puik vraag. Onbeantwoord. Daar is teoloë wat sê Ja, broer, dit is die kern van Christus se boodskap. Maar vir wie gaan die teoloog dit preek as daar niemand oor is om dit te hoor nie?

Ek staan gereeld stil by monumente en standbeelde reg oor Suid Afrika. Ek vat ʼn knipmessie saam en trek die onkruid uit wat so aanhoudend deur die klipwerk breek. Soos ek binne biblioteke en boekwinkels die stemme van skrywers hoor, voel ek by monumente die asems van die slagoffers aan, meesal vroue en kinders. Ek het ʼn spesiale aanvoeling daarvoor as Boerkind. Dis soms ʼn las, soms ʼn straf. Weg is die voorreg om my op ʼn eiland weg te isoleer, want ek sweer hulle volg vir my soontoe. Dis ʼn ander asem, die laaste asem wat ʼn kindjie uitasem as ʼn assegaai deur haar nek skeur. Dis ʼn ander asem, die van die vrou wat se laaste blik op die lewe, so deur die buskruit en roet en stof, die van haar kinders is wat val en haar man wat sy dolk uittrek, want die kruitvat is leeg. Ek lewe met daardie spoke. Elke dag. Dis ons verhaal. Dis ons geselskap.

As ek jou vra wat het Roelf Meyer en FW De Klerk weggeteken in 1992 met hul leuens oor die JA en NEE stem, sê hulle my die wit alleenheerskappy was nie volhoubaar nie. A, ek ken dit. Dit is...onrusbeheer. Maar die Apartheid bewind, is nie eers 4 gram van die 10 ton geskiedenis wat uitgegooi is nie. Met die oorgawe aan swart kommunistiese beheer het ons nie net die Nasionale Party en bietjies Verwoerd in die drein afgespoel nie. Wat van die res van ons geskiedenis? Wat van die vyf Kafferoorloë, en die kinderasempies daar, wat van die manmoedige Trekboere, die Voortrekkers daarna, wat van die Vrystaatse Boere wat al vroeg in die 19de eeu van hul grond afgejaag is om dit kastig aan die Griekwas te oorhandig, met ʼn oog op die diamant. En... onrusbeheer. Waar die asems van die gesinne by Bloukrans en langs die Boesmanrivier, nou weg in die wind, waar die asems van Piet Retief se geselskap onder die knopkieries by Umgungundluvu, waar die Gelofte aan ons God alleen dan uit dankbaarheid dat daar vir ons ook ʼn oorwinning kon wees oor die oormagte by Bloedrivier, waar die bravade van die Wenkommando, waar die woorde van Louw Wepener: As ons broers, by gevaarlike plekke kom, sal ek julle nie toeroep GAAN BURGERS nie, maar KOM BURGERS, LAAT ONS DAN STERF SOOS HELDE NIE LAFAARDS NIE. Waar die oorwinning by Bronkhorstspruit, ou Colley se twee nederlae. By die eerste een niks geleer nie, toe beset hy mos Majuba. 'n Handjievol Boere onder Joubert skiet die Kakies uit hul Empire verhewenheid. Colley is daar oorlede. Net toe die Brit reken hy weet hoe werk die kommando’s - hulle sit mos altyd daar in die koppies, soos by Majuba - staan die Boer vlak voor hom op uit die loopgrawe van Magersfontein en skiet die kakiekomkommer uit hom uit. Waar die Jameson-oorwinning, waar is die Sandrivier, Pretoria en Londen konvensies, waar die ink in pleitversoeke aan die konings en koninginne, wat oor ons moes kom omsien. Ek is nog nie eers deur die tweede Vryheidsoorlog nie.
Mens sou dink dat ons die handboek kon skryf oor taktiek om die vyand te uitoorlê.

Joubert, de la Rey en Cronje se groot bydraes tot militêre vernuf was nie net hul magasyne en rooklose kruit nie, wat geleer het van dekking en geduld. Republikeinse gevegstaktiek behels dat jy laag lê en nie skiet voor die vyand enkele meters voor jou voorste linies staan nie. Intieme oorlog. Jy kyk jou vyand in die wit van sy oë.
Dan is daar mobiliteit, guerrillaoorlog, ons het dit ontdek. Ons het dit vervolmaak. Hier is ons vandag ook, ons slaan dekking, ons wag die vyand in in defensiewe stellings.

Nou hoekom doen ons nie wat Kruger, Joubert en De La Rey gedoen het nie. Vra jy my. Hoekom nie? Omdat niks meer dieselfde is nie, niks behalwe God nie. Jy sal jou metafore moet ken om die ANC in te pas in die plek van die Empire, die koningin in die plek van Zuma. En wat sal jy sê, waar is die slagveld en hoe lyk ons wapens en ons patrone. Dit vra ek my God af en dankie tog vir God, want lyk my daar is net een konstante, en dis Hy. Niks van die res lyk vir my dieselfde nie.

Napoleon het gesê: vat my wapens maar los my met die vlag, en ek sal hierdie veldslag wen. Daar is jou eerste wapen. Jou simbole. Jou monumente. Jou geheuenis. Jou geloftes.

Die Stem, byvoorbeeld, is magtige Boervolk en Afrikaner simboliek. Meer as ʼn vlag, is dit ʼn ritueel, wat dit moeilik maak om weg te vat. Dit grief die ander volke asook die verraaiers en manteldraaiers in ons midde want dit is een pragwapen van verset. As ek Die Stem sing hoef ek baie dinge nie te verduidelik nie. Hulle kan vlae en standbeelde en straat en dorpsname verwyder, maar dis moeilik om die woorde oor ons tong vir voor te skryf, omdat dit onmoontlik is om die klop van ons hart te reguleer en die kombers van ons trots af te ruk oor die kultuurskatte wat dit dek.

Daar het soveel water in die see geloop. Totius se standbeeld is nou ook geskuif oor sy geskrifte glo rasseonderskeid tref. Jy moet ongeletterd wees, en NIKS weet van geskiedenis om nie te weet dat almal en elkeen wat voor arme Totius gelewe het tussen rasse onderskei het. Selfs slawerny, wat ons ook vandag afkeur, was wettig in ʼn ander tyd. Laat weet as jy iets uit Christus se mond hoor waar hy slawerny verbied. Hoekom het hy nie. Want dit was gemeenplase, die norme, konvensioneel vir daardie tyd. Om vandag se moraliteit op die verlede af te dwing, vir reparasies nogal, sê vir my net een ding: geletterdheid is ʼn nuwigheid in jou familie, jou gesin en jou kultuur, Afrika. En jy soek al weer 'n shortcut na ietsie gratis.

Ek verstaan sielkunde van kollektiewe apologie, maar dis nie regsgeldig nie. Jy kan NIE jou skuld by 'n saak voor die hof bring as jy niks gedoen het nie. Jy kan nie namens ander 'n vonnis uitdien nie. Nie vir iets wat wettig was in ʼn vorige bestel nie. Nie van ʼn minderheid ter verdediging van ʼn duursame alleenheerskappy nie. Ten duurste gekoop. Met kontrakte, maar ook oorloë en bloed. Die voordeel wat wittes geniet het, (soms) steeds geniet, is niks anders as hul verdiende loon nie. In 17e eeuse konteks vaar jy, land jy, maak jy fyn verstellings aan jou kompas, skets en herskets jy landkaarte, bou jy paaie, plase, infrastruktuur, geletterdheid, administrasies, ekonomieë, hospitale en universiteite. En jy doen wiskunde. Ons doen dit want dit is uiteraard voordelig. Ons doen dit want ons kulturele tradisie toets dit al baie lank en vind dat hierdie ommegang met ons bronne, mineraal en verstandelik, voordelig is op vele vlakke. Omdat ons as Westerlinge lees en woeker kon ons deur etlike millennia idees toets en die sterkstes en mees betroubare daarvan uitsonder en inspan. Dis nie onfeilbaar nie, maar sommer baie ruimer as die van groepe wat eers 80 jaar gelede leer lees en skryf het en nou die Afrosentriese model aan ons wil opdis as die beter een. Afrika kulture en leiers veral, kom met die een hand in ‘n gebalde vuis en maak luide antiwesterse geluide. Maar net met een hand. Want met die ander hand is hy besig om teen die spoed van lug te assimileer, te gryp, eintlik, na die vrugte van ʼn Westerse beskawing. Dekades ná die wêreld die kommunisme agtergelaat het, ontdek Suid Afrika dit en skryf dit voor as redder van ontluikende ekonomieë deur volke wat vir 700 jaar nie die Magna Carta kon lees nie! Dit is ons verval! Malema verkoop stokou Marxisme as een van sy New Ideas. Hulle sal vir hom lag, ook oorsee. Maar tuis tussen die ongeletterdes sal die arme eenoogsot koning wees.

Om briek aan te slaan vir volke wat nie ʼn jota of tittel daarvan verstaan het nie, kon nooit ons verantwoordelik bo die aanspreeklikheid wees teenoor ons eie mense en kinders nie. Ons voorouers het aangeland, administrasies gevestig, hospitale en skole gebou en hulleself militêr gesterk. Die beste wat Afrika nasies kon doen was vra: wat de hel is dit, my kroon? Die derde wêreld agterstand kan nie op Apartheid blameer word nie. Apartheid het moontlik daardie agterstand besweer, maar wees eerlik en oorweeg die oorkoepelende agterstand van jou voorvaders wat nie op ander volkere blameer kan word nie; 'n agterstand wat voor kolonisering reeds daar was. Suid Afrika en Afrika kan nie genees voordat daar wedersydse boetedoening is nie. Daarmee saam wil ek in jou vandag weer wakkermaak die trots vir jou grootjies se presatsies. Hulle werk hard om jou dit te maak vergeet. Hoe ver kan jy jou bors uitsteek vir die kollektiewe gewoontes van jou voorvaders, die Weste, die Hollanders, die Franse en die Engelse. Het jy al ooit gehoor van 'n kort afstandatleet wat omdraai by die wenlint en die goue medalje vir die ou gee wat 5de, 10 de of heel laaste is.

Ek hou van wit wees. Ek moet trots mag wees daarop. Ek dink nie dis mooier as ander nie, maar ek kan nie my voorkeur hier voorgeskryf word nie. Ek kan dit wees sonder om een swart of bruin broer te verloën. En ek het baie. Ek heg miskien minder waarde aan bloedlyne en biologie as aan kultuur en kollektiewe gewoontes. Ja, miskien kan jy witwees nooit weer terugteel nie. As hy bont is, is dit dan tot daar. Hy kom nie terug nie. Maar, meer belangrik, kultuur en kollektiewe gewoontes ook nie. As hy weggeteel word, is hy weg. Dit en net dit verklaar my versigtigheid en behoudendheid. Maar die swart-wit denke, die pigmentasie en velkleur per se, is 'n strik, 'n RED HERRING, want mense wil hê ons moet dom lyk. Kyk hoe val daai Boere nou vas by die biologie, seg hulle. Hulle doen dit om ons weg te hou van die feit dat kleur nooit alleen kom nie, dat die uitwendige maar bloot merkers is vir daardie eintlike merkwaardige verskille tussen mense en rasse en geslagte, waar die meme nie onder die gene weggesteek kan word nie, dat die diverse kollektiewe gewoontes en enorme verskille in taal en kultuur bly, selfs al word ons almal ligpers.
Die gerieflikste nuwe-millennium gonswoord is rassisme. Rassisme hier en rassisme daar. Die woord word verpopulariseer deur die wat reken dat rasse nie bestaan nie. Maar daar kan nie rassisme wees as daar nie rasse is nie. En as daar dan verskillende rasse is, moet jy kan onderskeid tref, vergelyk. 'n Boom word tog geken aan sy vrug. Jy staan voor ʼn appel, of ʼn peer, of ʼn vrot appel en ʼn groen peer en jy diskrimineer. Jy gebruik dieselfde diskriminerende fakulteit om te onderskei tussen sigarette, tussen ʼn Coke en ʼn Pepsi. Jy sê: ek soek daai een, maar nie daardie een nie. Dit is waarvoor jou fakulteite ingespan word. Jy doen dit eintlik elke sekonde van jou menswees. Wanneer hierdie "diskriminasie" of "rassisme" 'n sonde word is wanneer iemand die mag het om jou keuse te beïnvloed of jou voor te skryf HOE jy moet kies en HOE jy moet dink op gronde van jou velkleur. Soos Apartheid soms gedoen het en soos die ANC nou doen. Met amper drie keer meer rassewette as gedurende Apartheid sê hy vir jou hierdie demokrasie sal jou straf as jy nie daai vrot peer kies bo die peer wat jy wou hê nie. En een helfte van ons wittes koop dit. Hulle omhels daardie sotterny. Ons help daardie proses aan deur ons afwesigheid van verset, 'n lamsakkige toenadering daartoe, ‘n gevorderde Stockholmsindroom waar ons simpatie, teen ons gesondheid in, teen ons beterwete en teen ons voortbestaan, by die vyand witvoetjie soek. Dankie my swartbaas, sê Adriaan. En Piet. En Max. En De Vos. Wat kan ek u nog bied uit die koffers van my kinders se toekoms. My taal, die het u reeds. My monumente, my swartbaas. Daar’s min oor, maar vat en vandaliseer maar. My kultuur dan. Jong, dankie vir die enkele bladsye daarvan in my kinders se geskiedenis, maar skeur dan maar daai bladsytjies oor Paul Kruger ook uit. Dankie, my kommunistiese grootbaas.

Is daar 'n plan? Wel, ja. En hy is reeds in werking. Is daar ʼn oplossing en 'n einde in sig? Beslis nie. Moenie dat politici hierdie fraai klinkklare bestemmings voor jou uitpak nie. Dis bog. Ons is meer as kniediep in die swartgat. Ek en jy weet dit. Dis kompleks, dis pynigend en as ek dit kon maak verdwyn in ʼn oogwink, het ek. Maar hierdie een gaan stamina vat, sweet en denke kos en baie ure op ons knieë verg. Die plan is reeds afgeskop. Van ons kalibreer al jare daaraan. Selfbeskikking deur selfstandigheid, oorlewing deur selfbeveiliging, opvoeding deur eie skole en universiteite, inkering tot ons werklike dilemma deur realiteit in die oog te staar, en dan ons kompas te rig na die fakkelvure van Hoop, Geloof en Liefde. Daarmee saam 'n nugter oog om wêreldtendense, die verloop van die liberale eksperiment, Die land se verwarring en teleurstelling met sy messiaanse ANC se aanskoulike verval, wat algar in ons guns kan tel. Ek dink nie dit is al tyd daarvoor nie, maar dit kom. Die politieke landskap kan oornag verander, ontknoop in n ruimte met die potensiaal om ons met ons spesifieke belange te huisves. Ek hou daardie gaping dop soos ʼn Springboklosskakel. Een voorbeeld: as die swaar, dikgevrete, oorgewig ANC eenpartystaat sou opskeur, sal ons ons oornag in die posisie vind van ʼn gesonder demokrasie, waar klein partye en minderheidsgroepe se insae eksponensieel vergroot. En tel vir iets. Dit is die dag wat ek partypolityiek weer sal oorweeg. Dis nou as ek oorreed kan word dat enige oplossings in Suid Afrika in die politiek lê. Ek is nie oortuig nie.
Hier is nog oplossings: sny die naelstring wat jou afhanklik maak van staatsmasjienerie. Jy hoef nie op te pak en na ‘n volkstaat te trek daarvoor nie. Jy kan dit vanaand in jou huis begin doen. Ons het nie net patriote en doelgerigte Afrikner-Boere nodig nie, maar slimmes ook. Verloor jou genetiese aandagafleibaarheid deur nie te val vir die klein verskille tussen ons nie. Natuurlik is daar verskille tussen Boere en Afrikaners maar dit is een fragmentasie wat ons eenvoudig nie kan bekostig nie. Braai meer. Nooi ‘n Bloubul uit. Begin oor die kole met daardie konfliksituasie, wat jou sal sterk vir die groter gevegte. Ja, braai meer. En laastens...ek het blykbaar manalleen gewerk aan die wit aanwasprobleem terwyl julle Agter Elke Man gekyk het! Gaan huis toe, maak kinders. Julle maak mooies.

Tot dan, is JY die leier wat jy gesoek het in ander.

Ek haal aan van Brugge en Schonees uit 1937: "Ons moes in ons eie vryheidsoorlog die onafhanklikheid vd Boererepublieke prysgee, in dieselfde stryd het ons egter die geestelike onafhanklikheidvan die hele Afrikanerdom gewen. Uit die skynbare nederlaag is die nuwe Afrikaner nasie gebore. My bede is nie 'n nuwe Afrikaner nasie nie. Net om dit wat ons het, n nietige klein solidariteit, te behou in hierdie stormagtige tyd."

Dan haal ek vir dr Hendrik French Verwoerd aan. Sê my hy was nie visioenêr nie: "'n Nuwe [postapartheid] regering sou met sosialisme en staatskapitalisme eksperimenteer en dit sal die ekonomie vernietig."
Amen, oubaas.
En laastens Jan FE Cilliers:
"dis 'n graf in die gras/dis 'n vallende traan/dis al..."
Dankie

Steve Hofmeyr


Steve Hofmeyr het aan die begin van 2015 gesê dat as hy 'n miljoen stemme van sy mense kry, hy die politiek sal betree. Kom ons wys hom dat ons agter hom staan. 

Kliek  op die "Facebook like"  skakel regs en gee jou stem. As jy lid word van die "Facebook" groep is dit automaties 'n stem. 

Volg ons ook op "Twitter" om op datum te bly met gebeure.

Daar is ook 'n SMS stemlyn vir familie en vriende wat nie op sosiale netwerke is nie.

SMS "STEVE" en jou naam en van na 33167. (R1,50 per stem).

Anders kan jy ons ook e-pos op miljoenvirsteve@gmail.com om 'n petiesie vorm te kry vir handtekeninge.



 

 

Steve Hofmeyr said at the beginning of 2015 that he would consider politics if a million of his people show they support him.  Click on the Facebook Like link to the right and give your vote. By joining the Facebook group, you will make your vote count.

Follow us on Twitter to stay up-to-date with all happenings.

We also have a SMS vote line available for family and friends that are not linked to social networks.

SMS "STEVE" and your name and surname to 33167. (R1,50 per vote).

Alternatively you can e-mail  miljoenvirsteve@gmail.com to get a petition form for signatures.


SKENK NOU                     

Bank besonderhede

Rekening naam: MSVS

Bank: FNB

Rekening no: 62538548613

Tak kode: 255005


 Steve Hofmeyr se kommentaar in verband met "Miljoen Stemme Vir Steve" "Facebook" groep.

Steve Hofmeyr's comments about "Miljoen Stemme Vir Steve" Facebook group.

Steve Hofmeyr sê dankie vir 200 000 stemme - 19 April 2015